Mongoolse inval in Europa

Die roete van die eerste Mongoolse ekspedisie in Rusland, 1223.

Die Mongoolse inval in Europa in die 13de eeu was die verowering van Europa deur die Mongoolse Ryk deur middel van die verwoesting van die Oos-Slawiese vorstedomme soos Kiëf en Wladimir. Ook Sentraal-Europa is binnegeval, en dit het gelei tot oorlog in Pole en Hongarye.[1]

Die operasies is deur generaal Soeboetai gelei, en was onder bevel van Batoe Khan en Kadan. Albei laasgenoemde mans was kleinseuns van Djengis Khan; met hul verowerings het hulle groot dele van Europa by die ryk van die Goue Horde gevoeg. Europese vorste wat in oorloë betrokke was, het gou besef hulle sal moet saamstaan teen die Mongole, en dus is plaaslike oorloë en konflik in dele van Sentraal-Europa beëindig – dit is hervat nadat die Mongole teruggeval het.[2]

  1. Thomas T. Allsen (25 Maart 2004). Culture and Conquest in Mongol Eurasia. Cambridge University Press. ISBN 9780521602709.
  2. Francis Dvornik (1962). The Slavs in European History and Civilization. Rutgers UP. p. 26. ISBN 9780813507996.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search